Heineken S.A. dank werkers af a.g.v. alkoholverbod

Foto: Pixabay

Heineken S.A. het die 19de Januarie aangekondig hulle gaan hul personeel met sewe persent verminder as gevolg van die alkoholverbod in Suid-Afrika.

Volgens The South African het die maatskappy gesê hulle gaan 70 van hul 1 000 personeellede afdank, in ‘n poging om “ons werksaamhede in Suid-Afrika te herstruktureer om ‘n goeie presterende onderneming op te bou vir die toekoms, gegewe die beduidende impak van die Covid-19-pandemie”.

Volgens Heineken is daar talle ander maatskappye wat ook die besluit moes neem weens die alkoholverbod wat ’n groot impak op hul verkope het. “Die Covid-19-pandemie het ’n verwoestende impak op Suid-Afrika se alkoholbedryf. Die alkoholbedryf het vir byna 14 weke in 2020 nie handel gedryf nie en beleef tans nog ‘n verbod op die verkoop van alkohol in 2021.”

Die pandemie forseer ondernemings om aan te pas by die situasie en om seker te maak hulle is in staat om in die toekoms steeds hul klante te ondersteun. Die maatskappy sê dit het tot hul laaste uitweg gelei om van hul werkers af te dank.

Yvonne Mosadi, direkteur vir menslike hulpbronne vir Heineken Suid-Afrika, sê dit was ’n moeilike besluit om te neem.

Heineke sê hulle sal die nodige ondersteuning bied aan al hul werknemers wat geraak word en al die verpligte afleggingsprosesse sal gevolg word.

Die werknemers wat geraak word, sal deur die maatskappy se welstandsprogram vir werknemers ondersteun word. Die werknemers sal ook voorrang geniet as daar enige werksgeleenthede ontstaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: