February 25, 2021

Slaggat se gat! 2021

Die Slaggat se gat!-projek is weer aan die gang.

Alhoewel die welkome reën landswyd goeie nuus gebring het, is dit ’n absolute nagmerrie vir elke voertuigeienaar in Kimberley. Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT-aanlynkoerant, sê Sol Plaatje het inwoners sleg in die steek gelaat wat ons paaie betref.

“Die tyd is nou dat ons self inspring en ons paaie herstel. Bekommerde sakemanne en inwoners het R30 000 geskenk om van die gate in McDougalstraat en Queensway tydelik te herstel.”

Ferreira doen ’n beroep op sakemanne om by die projek betrokke te raak.

“Dis moeilik as jy ‘n inwoner is wat sukkel na Covid om slegs net kos op die tafel te sit. As jy wel kan bydra en jy wil graag iets doen vir die gemeenskap, raak hier betrokke. Dit baat ons almal.”

Die besonderhede is soos volg:
Dottry Media
FNB
Transmissie rek
62637951650
Jou verwysing: Jou van en SG

“Die aanbod van Louw van Reenen van Beefmaster staan steeds. Vir elke rand wat ons insamel, sal Beefmaster tot en met ’n R100 000 verdubbel.”

Vir enige navrae skakel Ferreira by 071 686 7200.

Sluit HIER by die Slaggat se gat!-Whatsapp groep aan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: