April 19, 2021

Kaapstad vra Dlamini-Zuma vir korter aandklok

Foto: Pixabay

KAAPSTAD. – Die stad het ’n versoek aan die minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Nkosazana Dlamini-Zuma, gestuur. Hulle versoek dat die aandklokreël met twee ure verkort word.

Volgens The South African het die burgemeesterskomiteelid van die stad vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, wethouder James Vos, in ’n verklaring gesê die aandklokreël is baie beperkend. Hulle vra dat die aandklokreël met twee ure gesny word sodat hulle ’n poging kan aanwend om die gasvryheidsektor te red. Hy sê baie besighede kry swaar onder die Covid-19-regulasies en baie mense gaan hul deure moet sluit.

Dink jy Dlamini-Zuma sal die aandklokreël met twee ure vir Kaapstad verkort?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: