Liggame van ma en kind (2) met hande vasgebind, gevind

LIMPOPO. – ’n Ma en haar kind (2), met hulle hande agter hul rûe vasgebind, se liggame is hier in ’n kamer by ’n lodge aangetref.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewordvoerder, sê die ma, kind en ’n man het die kamer vir die aand bespreek. Volgens Ngoepe is daar geen teken van die man nie.

Ngoepe sê die drie het geen persoonlike inligting aan die ontvangdame van die lodge verskraf nie. Die motief vir die moord is onduidelik.

Die polisie vra enigiemand met inligting moet lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *