Die bure se hond blaf heelaand

Daar is soms daardie een hond in die buurt wat aanhoudend blaf. Ja, honde is daar om mense te waarsku indien daar ’n gevaar is, maar wat as die hond heelaand blaf? Is daar regtig iets wat die hond pla?

Gaan praat met jou bure
Moenie dadelik oorreageer nie. Gaan praat rustig met jou buurman. Word eers kalm en dink vooraf wat jy gaan sê. Moenie jou buurman dadelik beskuldig nie. Sê vir jou buurman die geraas gaan al vir ’n paar aande aan en hoor wat hy daaromtrent gaan doen.

Rapporteer aan die buurtwag
Indien jy nie direk met die mense wie se hond dit is wil praat nie, rapporteer dit aan die buurtwag. Hulle is dalk reeds bewus van die probleem en het moontlik reeds met die eienaars gesels. As daar meer as een klagte is, kan die buurtwag al die klagtes na die eienaar neem.

Moenie jou te veel ontstel nie
Moenie dat die geblaf jou ontstel nie. Probeer die aand rustig gaan slaap. Wanneer die honde begin blaf, lê op jou rug en doen ’n ontspanningsoefening om jou rustig te maak. Voor jy dit besef, is jy weer aan die slaap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *