Berei jou honde voor vir klapperskietery

fireworks vuurwerke

Foto: Unsplash

Sosiale media gons omtrent van foto’s van hondjies wat weghardloop, boodskappe van woedende inwoners en raad oor hoe om jou diere teen klappergeluide te beskerm.

Met Nuwejaarsvieringe wat binnekort gaan plaasvind, is dit goed om voorbereid te wees vir wanneer vuurwerke in jou buurt afgevuur word.

Hier is ‘n paar maniere om jouself en jou diere voor te berei:

Kry vir jou hond ‘n kalmeerpilletjie by jou veearts. Dis natuurlik nie die ideaal nie, maar jy kan vir seker weet jou honde sal onbewus wees van die klappers.

Sit die televisie of ‘n bietjie musiek aan in die huis. Wanneer daar ‘n rustige omgewing by die huis is, sal jou honde dalk rustig raak.

Maak vir jou honde ‘n wegkruipplekkie gereed. Wanneer honde skrik, wil hulle gewoonlik wegkruip. Skep vir hulle ‘n veilige wegkruipplekkie naby jou.

‘n Wenk wat ook onlangs op sosiale media gedeel is, is om ‘n stywerige kinderhempie vir jou hond aan te trek. Die hempie laat jou hond dadelik veiliger voel.

Maak seker jou deure is gesluit en die hekke is toe vir wanneer jou honde dalk die pad wil vat.

Hou jou honde by jou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *