August 4, 2021

Vragmotorbestuurder glo 12 keer oor wettige alkoholperk

GAUTENG. – ’n Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy glo 12 keer oor die wettige alkoholperk was.

Volgens die Gautengse verkeersdienste het die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor en teen verskeie ander motors gebots. Die bestuurder is dadelik vir alkoholverbruik getoets. Die man (39) is in hegtenis geneem en word van bestuur onder die invloed van drank en roekelose en nalatige bestuur aangekla.

Die voorval het op die R21 by die Pomona-afrit plaasgevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *