Moenie jou dieet die feestyd by die agterdeur uitskop nie

Baie mense is bang vir die woord dieet, maar dit kan ook na ’n gesonde leefstyl verwys. ’n Gesonde leefstyl hoef nie ’n lang lys van reëls te wees nie. Dit kan net bestaan uit gewoontes wat jy aanleer om jou slegte gewoontes af te leer.

Ongesonde peuselhappies

Moenie die ontbyt oorslaan nie. Ontbyt bly die belangrikste maaltyd van die dag. Indien jy dit oorslaan sal jy die deur die dag baie honger wees en jy sal meer ongesonde peuselhappies eet. Begin dus die oggend reg. Eet ’n veselryke ontbyt wat jou langer sal laat vol voel.

Drink water voor elke maaltyd. Drink ’n glas water 10 min. voor jy gaan opskep. Dit sal jou voller laat voel en jy sal nie onnodig baie skep nie.

Stysels en koolhidrate

Hou jou porsies klein. Al die verskillende kossoorte op Kersdag kan oorweldigend wees. Mens wil van alles proe en mens wil alles skep. Dink voor jy skep. Skep kleiner porsies. Indien jy groot borde kos skep, oortuig jou brein jou om alles op te eet. Jy sien dan al die kos en jy sal nie sommer vol voel voordat jou bord leeg is nie.

Skep die gesonde kos eerste. Wanneer jy voor die tafel met al die kossoorte staan, skep eerste die gesonde kos. Skep laaste die meer ongesonde kosse, die stysels en koolhidrate. Jou bord sal dan reeds minder plek hê en jy sal minder van dié kos skep.

Volg FiND iT hier .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: