Maak seker jy pak alles as jy met vakansie gaan

Hoe baie van ons vergeet iets by die huis wanneer ons met vakansie gaan? Dis meeste van die tyd iets kleins en belangriks soos ’n tandeborsel. Dit kan ook iets belangrik soos jou skoene wees indien jy nie goed beplan nie.

Maak só seker jy pak alles:

  • Maak ’n lysie voordat jy begin pak.
  • Pak alles eers op jou bed of op ’n tafel voor jy dit in jou tas pak.
  • Pak die aand voor die tyd sodat jy nie jaag en onnodig goed vergeet nie.
  • Merk die items op die lys af soos wat jy dit in jou tas sit.
  • Rits jou sak toe en moenie dit weer oopmaak om items uit te haal nie.
  • Maak seker daar lê niks rond in jou kamer nie.
  • Loop deur die huis voor julle ry en kyk vir items wat jy moontlik vergeet het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *