The Rock koop Kersgeskenke vir aanhanger

Foto: Twitter skermgreep

Dwayne Johnson, The Rock, het Kersgeskenke vir die twee kinders van Jay Abel, ’n aanhanger, gekoop.

Abel werk nie en is ’n wewenaar met twee kinders, Elisa (8) en AJ (11). Hy het na The Rock op Twitter uitgereik en hom gevra om ’n twiet waarin hy goedere van sy huis verkoop vir geld, te deel.

The Rock het nie net die twiet gedeel nie, hy het die volgende bygeskryf: “Jy is so ’n goeie pa en ’n retweet is al wat jy wil hê? Ek het ’n bietjie meer in gedagte vir jou. Wees gereed. Jy is ’n goeie man, Jay. Ons het meer soos jy nodig.”

Abel het daarna saam met John Krasinski en The Rock op die Some Good News Show verskyn. The Rock het toe gesê hy sal vir Abel se kinders Kersgeskenke koop.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *