Joe Biden kry sy eerste entstof

Foto: BBC

Joe Biden, die aangewese Amerikaanse president, het Maandag sy eerste dosis van Pfizer se Covid-19-entstof ontvang. Biden het daarna alle Amerikaners versoek om die entstof te kry sodra dit vir hulle beskikbaar is.

Regstreeks uitgesaai

“Ek doen dit om te wys mense moet voorbereid wees om die entstof te neem wanneer dit beskikbaar is,” het Biden by die hospitaal in Newark, Delaware, gesê waar hy regstreeks op TV die inenting gekry het. “Daar is niks om oor bekommerd te wees nie.” Biden se vrou, Jill, het vroeër die dag haar inenting ontvang.

Donald Trump

President Donald Trump, wat in Oktober positief vir die virus getoets het en in die hospitaal beland het, het nog nie gesê wanneer hy van plan is om die entstof te kry nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *