Spookstorie-reeks: Selfone by voete

** Spookstories word deur FiND iT-lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.***

Stuur jou spookstorie na [email protected].

Die huis waar in ek grootgeword het, is ’n baie ou huis. Vier slaapkamer, niks buiten gewoon nie. Ons het al baie kuiermense gekry wat sê ons huis “spook” en my pa het my ook baie stories vertel oor vreemde dinge wat in die huis gebeur het. Ons het ’n spaarkamer waarin niemand ooit geslaap het nie, ek weet nie hoekom nie, want niemand praat ooit daaroor nie.

Ek kan ’n boek skryf oor vreemde dinge wat deur die jare in diè huis gebeur het wat ek tot vandag toe nie kan verklaar of beskryf nie, dinge wat my vir dae en nagte wakker gehou het. 

Daar is wel een storie wat ek kan vertel. Ek en my kleinsussie was albei in die hoërskool toe dit gebeur het. My ma, pa en suster het altyd deur die nag hulle selfone in die sitkamer gelaai en ek het myne in my kamer gelaai. Die een Saterdagoggend het ek en my vriendin, wat by my oorgeslaap het, wakker geword met ons selfone by ons voete. Ons het dit die vorige aand op charge gesit, maar ons het nie veel daarvan gedink nie. Ons het opgestaan en koffie gaan maak. My sussie vra ons toe of ons haar foon op haar bed gesit het, want sy het haar foon by haar voete gekry. Ons het gedink dis snaaks, maar dalk was dit my ma. Later die dag sê my pa vir ons ons moenie weer hulle fone van charge af haal nie.

Almal van ons se fone was by ons voete gesit. Tot vandag weet ons steeds nie hoe dit gebeur het of hoekom nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *