Water word weer afgeskakel vir herstelwerk

KIMBERLEY. – Al die areas in Kimberley sal op Sondag 20 Desember van 06:00 tot 18:00 sonder water wees as gevolg van herstelwerk wat aan die 965 mm pyp gedoen gaan word.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit ondervind tans ’n probleem met ’n groot lek op die 965 mm pyp langs die pad na Barkley-Wes toe.

’n Gedeelte van die 965 mm pyp, agter Soul City, het ’n groot lek ontwikkel wat skoon water in die omgewing stort. Herstelwerk is nodig om te verseker dat waterverliese tot die minimum beperk word en om watervlakke in die Newton-reservoir te handhaaf.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *