Twee bere gered uit Pakistan se dieretuin van hel

Foto: Daily Mail

PAKISTAN. – Twee Himalaja- bruin bere is gered nadat die Marghazar-dieretuin Woensdag vir goed gesluit het. Volgens die Daily Mail toon Marghazar-dieretuin se rekords daar was 960 diere, maar 500 van hulle het verdwyn. ’n Besluit was geneem om al die oorblywende diere oorsee te stuur vir ’n beter lewe.

Bubloo en Suzie, die twee bere, is beide 17 jaar oud en was vir 13 jaar in die dieretuin gevange gehou. Hulle het in 2007 by die dieretuin aangekom. Hulle was as welpies uit die wildernis geneem om as dansende bere in die dieretuin grootgemaak te word. Bubloo en Suzie het jare se mishandeling deurgemaak. Beide se tande was getrek, sodat hulle nie die afrigters en personeel kon aanval nie. Hulle was ook baie geslaan om hulle te forseer om te dans. ’n Veearts het gesê Suzie is ondervoed omrede sy nie tande het nie, dis vir haar moeilik om te eet. Beide die diere toon abnormale gedrag, soos om heen en weer te wieg. Dit is ’n aanduiding van verveeldheid, asook mishandeling. Die twee bere is op ’n vlug na die Princess Alia-stigting in Jordan, Asië, gesit.

Die bere is gered twee weke nadat die sanger Cher, en die dierewelsynorganisasie, Four Paws vir Kaavan die olifant uit dieselfde dieretuin gered het. Kaavan staan bekend as die wêreld se eensaamste olifant. Hy leef nou in Kambodja, Asië, met ander olifante om hom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *