Praat jy ook met jou viervoetkinders?

Diere is soos kinders in ons huise. Hulle raak deel van ons lewe en neem selfs ons roetines aan. Die diere in ons huise weet wanneer dit slaaptyd is en weet ook wanneer hulle eienaars werk toe moet gaan.

Diep gesprekke

Baie eienaars bevind hulle in diep gesprekke met hulle honde. Al antwoord hulle ons nie terug nie, neem ons aan hulle verstaan wat ons sê. Volgens National Geographic geniet honde dit as mense met hulle praat soos wat jy met babas sou praat. Hierdie babataal is gewoonlik in ’n hoë stemtoon.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *