Verdagte in Piet Els-moordsaak gesoek

KIMBERLEY. – Die polisie vra die publiek se hulp om ’n man op te spoor wat aan die vlug is na die moord op Piet Els, ’n vooraanstaande sakeman van die stad.

Johannes Ralihlare (52), bekend as “Moses” (52), word verbind met die moord. In Januarie 2018 het die verdagte Piet Else glo saam met sy makkers in sy woning net buite Kimberley vermoor. Hy het daarna uit die Kimberley-omgewing gevlug.

Daar word geglo dat hy in Gauteng of Vrystaat kan wees.

Enige persoon met die inligting wat kan help om die verdagte aan te keer, kan die ondersoekbeampte, lt.-kol. Doggy Magugu, by 082 4690 578 kontak. Alternatiewelik kan Crime Stop gekontak word by 08600 10111. Alle inligting wat gedeel word, sal streng vertroulik hanteer word.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *