Motoriste word aangeval op Kaapstad se Jakes Gerwel-rylaan

Bradley Potts, ‘n sleepwabestuurder, het verlede week twee bestuurders op Jakes Gerwel-rylaan naby Mitchells Plain te hulp gekom toe hulle van die pad af gedwing was.

Volgens IOL is die bestuurders van die pad af forseer deur objekte wat in die pad geplaas was. Die een bestuurder was alreeds deur boosdoeners beroof en het weggehardloop om hulp te gaan soek. Potts sê: “Dit was stikdonker.” 

Ebrahim Davids het Woensdag op Jakes Gerwel-rylaan met sy familie in die kar gery. Hy besef toe dat hy oor gebreekte Vibracrete ry. Die kar wat voor hom gery het, se wiele was eerste stukkend gesteek. Davids sê hy en die man het deur die venster gekommunikeer en gesê dat hulle saam tot by ’n veilige plek sou ry.  

Daar is al talle gevalle van dié aard vir die maand op die Jakes Gerwel-rylaan gerapporteer. Phindile Maxiti, die stad se Mayco-lid vir energie en klimaatsverandering, het gesê dat die stad besig is om die beligting langs die pad te verbeter. Kolonel Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê Jakes Gerwel-rylaan is vooropgestel vir polisiëring en bykomende patrollies is uitgevoer om die risiko’s verbonde aan slag-en-gryp-voorvalle uit die weg te ruim.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *