February 25, 2021

Rus ordentlik uit die vakansie

Dit gebeur dikwels dat mens op vakansie gaan en so besig is dat mens moeg terugkeer huis toe. Dit is hoekom daar iets is soos ’n vakansie, om uit te rus en vars terug te keer werk en skool toe.

Ontspan

Irene Haasbroek van Ateraksie sê dat dit noodsaaklik is om vir jouself tyd te maak. “Maak tyd vir jouself. Gee jouself toestemming om eenvoudig net te rus.” Dit is immers vakansie.

Slaap genoeg

Kom in ’n goeie slaaproetine. Volgens Irene is slaap baie goed om stres te verlig en om baie goed uit te rus. Kenners beveel mense aan om sewe tot nege ure ‘n aand te slaap om goed uitgerus te voel. Daar is bewys dat stresvlakke verlaag kan word deur meer te slaap.

Kuier saam met geliefdes

Sit jou foon af en kuier saam met die mense om jou. Geniet hulle geselskap, wees interaktief en lag lekker saam. Lag verminder stres, verbeter jou bui en jou imuunstelsel. Hulle sê nie verniet ‘lag is die beste medisyne’ nie.

Oefen

Ja, mens wil rus die vakansie, maar daar is ‘n legio voordele wat oefen aanbetref. “Deur aktief te wees, verbeter ons gemoed, verlig die stres en angs en het ons meer energie,” sê Irene. Oefening verhoog die afskeiding van die goedvoelhormoon (endorfien), wat ook stres en angstigheid verminder. Deur oefeninge te doen, verbeter jy ook jou fisieke voorkoms en voel jy sommer beter oor jouself.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: