Kriewel jou bene soms?

Ervaar jy ’n kriewelrige gevoel in jou bene en voete?  Moet jy jou bene heeltyd beweeg?  Ontwrig dit jou slaaproetine?

Volgens Mayo Clinic, ’n aanlyn webtuiste, is rustelose-beensindroom (RBS) ’n toestand waar die persoon heeltyd ’n sensasie het om sy/haar voete konstant te beweeg wanneer die persoon probeer rustig raak. Deur die voet te beweeg, verlig dit die snaakse sensasie.  ’n Ander naam vir dié toestand is Willis-Ekbomsiekte.

Simptome sluit in:

  • ’n Sensasie in die voete wanneer ’n persoon gaan sit of lê om rustig te raak;
  • Beweging van die bene en voete, soos om dit te skud, verlig gewoonlik die sensasie;
  • Simptome vererger gewoonlik saans. Alhoewel dit skaars is, kan dit steeds die arms affekteer.

Die sensasie word deur mense as ’n  kriewelrige, kielierige gevoel in die bene en voete, beskryf. Oorsake van RBS is nog nie vasgestel nie, maar navorsers vermoed dit het te doen met ’n wanbalans van die chemikalieë dopamien in die brein – wat verantwoordelik is vir die beheer van spiere. Die toestand is meer algemeen in vrouens. Dis meestal nie verwant tot ander siektes nie, maar kan wel tekens wees van ‘n ystertekort, nierversaking en rugmurg-toestande. Dit kan oorerflik wees, veral as dit begin voor die ouderdom van 40 jaar.

Mense wat aan die toestand ly soek soms nie vir mediese hulp nie, want hul vrees dat hul nie ernstig opgeneem sal word nie. Die kondisie kan ly tot slapeloosheid en depressie, wat die lewensgehalte verswak.

  • FiND iT bied geen mediese raad nie en stel voor jy nader jou geneesheer vir meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *