April 18, 2021

OPVOLG: Winkels toegemaak, rubberkoeëls geskiet

LADYBRAND. – Winkels is vanoggend aangeraai om toe te maak, JoJo-tenke word gebrand en paaie word afgesper. Só het die betoging op Ladybrand vandag uitgedraai.

’n Inwoner van hier sê rubberkoeëls is glo vanoggend op die skare afgevuur.  Die betogers het paaie vol klippe gepak en JoJo-tenke aan die brand gesteek. Daar is ook glo vanoggend tydens die betoging mense in hegtenis geneem. FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag op terugvoer.

Slegte dienslewering

“Ek besit ’n kleuterskool en ons is aangeraai om die skool vandag te sluit en die kinders na ’n veiliger plek te neem. Ek kyk maar nou gereeld deur my venster om te kyk of ek nie moeilikheidmakers sien aankom nie.”

Die mense betoog na bewering oor slegte dienslewering, salarisse wat nie betaal word nie en die munisipale bestuurder en die burgemeesteres wat die gemeenskap nie meer in diens wil hê nie.

Kyk na die video’s hier –

https://fb.watch/2fhJB3I_ll/

https://fb.watch/2fhN0PZDcC/

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: