April 19, 2021

Ladybrand loop deur onder betogers

LADYBRAND. – Betogers het vanoggend om 01:30 in ’n nedersetting in die Mantsopa-munisipaliteit begin paaie afsper, bande aan die brand steek en in groepe bymekaarkom.

Slegte dienslewering

’n Inwoner van hier, wat ook ’n kleuterskool besit, sê die mense betoog na bewering oor slegte dienslewering, salarisse wat nie betaal word nie en die munisipale bestuurder en die burgemeesteres wat die gemeenskap nie meer in diens wil hê nie. Volgens die inwoner het betogers in 2015 ook oor dieselfde probleme betoog.

Beweeg dorp toe

“Daardie jaar het hulle my skool geteiken en ons moes weghardloop,” sê die inwoner.

“My man het vanoggend aan my gesê hy sien sommige van die betogers beweeg stadig in dorp toe.”

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: