25 Jaar tronkstraf vir verkragting

KURUMAN. – Boitshwarelo Kakua (26) is in die Mothibistad-streekhof tot 25 jaar vir die verkragting van ’n 15-jarige meisie gevonnis.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die meisie was op 07 Oktober 2018 omstreeks 09:40 op pad huis toe van ’n winkel in die Dithakong Village op Bothitong. “Die beskuldigde het die slagoffer oorrompel en na die rivier gesleep. Hy het haar aangerand en gewelddadig verkrag. Die verdagte is later in hegtenis geneem en skuldig bevind.”

Kakua is op 2 Desember 2020 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: