April 18, 2021

Jongman kry 20 jaar na verkragting

OOS-KAAP. – Akhona Mselana (23) is in die Cacada-streekshof 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuld op aanklag van die verkragting van ‘n seun (13) beken het.

Mthatha Division, polisiewoordvoerder, sê op 18 Augustus 2019 was daar ‘n tradisionele seremonie by die huis van die slagoffer. As inwoner van dieselfde dorp was Mselana een van die gaste by die seremonie. Hy het die slagoffer na ’n huis geneem, gedreig om hom dood te maak en toe verkrag.

Van die voorval vertel

Op dieselfde dag het die ouma van die slagoffer agtergekom die seun het pyn en hom begin uitvra. Die seun het die ouma van die voorval vertel. Die man is op dieselfde dag in hegtenis geneem.

Volgens Division het Mselana getuig en gesê dat hy tydens die voorval onder die invloed van drank en dwelms was. Hy sê hy kan nie onthou dat hy die slagoffer verkrag het nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: