April 21, 2021

Kleuter vermoor na ma weier om hom te offer

Foto: Face of Malawi

MALAWI – ’n Kleuter is doodgemaak, vermoedelik deur sy stiefpa, na sy ma geweier het om hom vir ’n ritueel te offer.

Malawi24, ’n plaaslike nuuswebblad, het berig die 3-jarige seuntjie is Maandag in Mtambalala Village in Sentraal-Malawi doodgemaak.

Sy stiefpa (29) wat ’n visserman is, het glo sy vrou gevra om die seuntjie te offer as deel van ‘n ritueel wat hom in staat sou stel om meer vis te vang. Die ma het toe glo geweier en die seuntjie na sy ouma en oupa gestuur.

Die man het na ’n paar dae vir sy vrou om verskoning gevra en versoek dat die kind weer na hulle toe terugkom. Hy het na ’n tyd wéér die ritueel opgehaal en toe sy weer weier, het hy haar glo aangerand en doelbewus op die seuntjie getrap tot hy sy bewussyn verloor het.

Die ma het met die kind na die hospitaal gejaag, maar hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die stiefpa is in hegtenis geneem en vir moord aangekla.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: