Vermiste PE-man se liggaam gevind

Foto: Facebook

PORT-ELIZABETH. – Sean Chapple (51) se liggaam is gister in die Baviaanskloof-area gevind nadat hy Maandag vir die laaste keer gesien is.

Chapple is laas deur sy familie gesien toe hy by die huis met sy motorfiets weggery het. Hulle het hom later by die Walmer-polisiestasie as vermis aangemeld.

Oomblikke daarna gevind

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê sy liggaam is hier gevind nadat hulle inligting gekry het dat Chapple deur Patensie gery het. Chapple se BMW GS1200-motorfiets is Dinsdagoggend naby ’n kampeerarea opgespoor. Sy liggaam is oomblikke daarna gevind. Die Patensie-polisie stel ondersoek na sy dood in, maar vermoed geen vuilspel nie.

Privaatheid respekteer

Morgan Chapple, sy dogter, het mense op haar Facebook-blad op hoogte van die nuutste verwikkelinge gehou. Sy het gister dié nuus van haar pa gedeel en mense gevra om hulle privaatheid te respekteer en hulle tyd te gee om te rou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *