Sewe SAPD-lede afgedank na korrupsiespul

Foto: eNCA

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het sewe polisielede, waarvan twee brigadiers, twee kolonels, ’n luitenant-kolonel en twee administratiewe werknemers is, afgedank. Dit volg na dit aan die lig gekom het dat hulle vermoedelik by korrupsie betrokke was.

Volgens brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, is brig. Jabez Naidoo, brig. Lesetja David Mogotlane (57), kol. Thomas Dumisani Marima (50), lt.-kol. Veeran Naipal (47), lt.-kol. Alpheus Nkosibanke Makhetha (46), adminklerke Jacoba Magadela Havenga (49) en Marcell Duan Marney (33) op grond van beweerde betrokkenheid by korrupsie op 4 Junie vanjaar in hegtenis geneem.

Nog nege verdagtes is daardie dag op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery in hegtenis geneem. Hulle word nog strafregtelik vervolg, maar die sewe wat Dinsdag afgedank is, is departementeel skuldig bevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *