Drankwinkel-bestuurders doodgeskiet

MPUMALANGA. – ’n Egpaar wat ‘n drankwinkel op Barberton bestuur het, is doodgeskiet toe vier verdagtes by die agterste kamer van ‘n huis, wat die egpaar gehuur het, ingebreek het en goed gesteel het.

Met klere vasgebind

Die verdagtes het ook die drankwinkel se sleutels tydens die huisroof gesteel. Die vier verdagtes het glo eers die huiseienaar met klere vasgebind voordat hulle na die agterkamer, waar die slagoffers geslaap het, gegaan het. Kol. Donals Mdhuli, polisiewoordvoerder, sê twee sake van moord, huisroof en inbraak by ’n sakeperseel word ondersoek. Volgens Mdhuli het die polisie ’n grootskaalse soektog na die vier verdagtes begin.

Geld gesteel

Mpumalanga-nuus het die egpaar as Malcom Nkululeko Mathew en Gugu Vanessa Mkhize geïdentifiseer. Die platform berig verder daar word beweer die verdagtes het daarna na die drankwinkel geloop waar hulle geld gesteel het.

Nooddienste en die polisie is na die huis ontbied, maar die egpaar is op die toneel dood verklaar.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *