April 18, 2021

Familie veil vee op en verhuur plaas na plaasmoord

Foto: Facebook

DURBAN. – Plaasmoorde is iets waarvan ons amper elke dag in die media lees. Boere en hulle families word aangeval en selfs vermoor. ’n Boerdery kan tog nie sonder mense aangaan nie. Wat word van die plaas? Glen and Vida Rafferty, wat in Augustus aangeval en vermoor is, se vee is die naweek opgeveil en die plaas word uitverhuur.

Drie jaar lank uitverhuur

Jan Mostert, die afslaer, het aan die Sunday Tribune gesê die veiling was ‘n sukses, met boerderywerktuie wat verkoop is aan ‘n skare boere wat die geleentheid ondersteun het. Mostert sê die plaas van 691 hektaar word vir drie jaar lank uitverhuur met die opsie om die kontrak te verleng. Die huurders was bekend aan die oorledenes en sal na verwagting in Januarie o die plaas begin boer.

Egpaar is geskiet

Die egpaar en hulle hond is in Augustus geskiet toe hulle die aand op die plaas aangekom het. Die verdagtes het met die slagoffers se bakkie, wat later verlate gevind is, gevlug.

Volgens Natasha Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag word die verdagte, Vukani Ngwenya (2), wat verlede maand in hegtenis geneem is, op twee aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en sameswering om te roof, aangekla.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: