April 21, 2021

Galloway-saak tot Desember uitgestel

KIMBERLEY – Hansie Galloway, die vorige eienaar van Shadow’s Pub & Grill in Kimberley, het vandag in die landdroshof in Kimberley verskyn. Die verhoor sou vandag en môre plaasgevind het, maar is tot 14 Desember 2020 uitgestel weens ’n getuienisrekord wat nog uitstaande is.

Galloway staan tereg op die aanklag van seksuele aanranding. Hy het na bewering ‘n meisie in 2015 gemolesteer. Die meisie was ten tye van die misdryf vier jaar oud. Die meisie se ma het in 2015 ‘n klag teen Galloway gelê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: