Baba lewend in graf gevind

INDIË. – Hartseer ouers hier het op ’n nagmerrie afgekom toe hulle ’n graf vir hul dooie pasgebore baba gegrawe het. Skaars ’n meter in die grond in het hulle ’n kleipot met ’n pasgebore baba, wat steeds lewe, ontdek!

Volgens iheartintelligence het die ouers hulself in ’n situasie bevind waar hulle hul kosbare pasgeborene moes begrawe. Werkers het hulle gehelp om ’n graf vir die babadogtertjie te grawe, toe een van die werkers se graaf die kleipot raak steek.

Binne-in die kleipot het hulle ’n drie dae oue babadogtertjie, wat in lap toegedraai is, gevind. Sy was lewendig en het gehuil. Die klein baba, wat ongeveer 1,08 kg geweeg het, is onmiddellik na die hospitaal gebring waar dokters haar versorg het.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *