Aanvaller skiet homself in been toe hy wapen rig

PORT ELIZABETH. – ’n Gewapende man (28) het by ’n huis ingestorm en die eienaar van die huis (30) met ’n wapen gedreig. Tydens die voorval het die man homself in die been geskiet.

Nie as bendelid bekend nie

Die huiseienaar het daarna die aanvaller oorrompel. Die man is op die toneel in hegtenis geneem. Kol. Pracilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man is nie as ’n bendelid aan die polisie bekend nie, maar die motief vir die voorval is nog nie duidelik nie. Naidu sê die man is onder polisiebewaking in ’n plaaslike hospitaal opgeneem tot hy Woensdag in die landdroshof verskyn.

Poging tot mord

Klagte van die rig van ’n vuurwapen, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, besit van ammunisie en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: