April 19, 2021

Drie dood en 12 beseer toe trok rol

WITPOORTJIE. – Drie mense is dood en twaalf het ligte tot ernstige beserings opgedoen tydens ’n vragmotorongeluk op die R41 naby Witpoortjie, Roodepoort. Daar word beweer die vragmotor het uitgeswaai om ’n stilstaande taxi te vermy en oor ’n aantal mense langs die pad gerol.

ER24-paramedici was gistermiddag omstreeks 14:22 op die toneel. Al die beseerdes was vermoedelik volwassenes. Twee beseerdes was passasiers van die vragmotor en die res ongelukkige omstanders. Twee mense was vasgekeer onder die vragmotor en ’n derde is op grond agter die vragmotor gevind. Al drie het noodlottige beserings opgedoen en is by aankoms van paramedici dood verklaar.

’n Reddingspan is ontbied om die vragmotor te verskuif en die metropolisie was ook op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: