January 28, 2021

Polisiebeampte glo R300 betaal om goedere by tronk in te smokkel

Foto: Google (police van)

BELVILLE. – ’n Polisiebeampte (37) is na bewering R300 betaal om dagga by ’n tronk in te smokkel. 

Dagga in te smokkel

’n Man het glo die beampte wat ingestem het om die dagga en ‘n mobiele telefoon na ’n gevangene in die selle te neem, genader. Die beampte het na bewering R300 vir sy dienste ontvang. 

In hegtenis geneem

Die polisiebeampte is later in hegtenis geneem. Die dagga, telefoon en geld is in sy besit gevind. Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die beampte sal maandag in die Belville-landdroshof verskyn. 

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *