November 30, 2020

Jong man by skuifhek dood

LIMPOPO. – Carel van Heerden (28) is vermoedelik doodgeskok toe hy by die skuifhek van sy huis wou ingaan.

Doodgeskok

Hy is na ’n hospitaal gejaag waar hy dood verklaar is. Baie beweer Van Heerden is deur die weerlig doodgeslaan, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie. Volgens kol. Moatshe Ngoepa, polisiewoordvoerder, het Van Heerden glo by sy huis met sy motor gestop, uitgeklim om die skuifhek oop te skuif en na bewering doodgeskok. Ngoepa sê ‘n nadoodse ondersoek sal die presiese omstandighede van sy dood bepaal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *