November 29, 2020

Senekal-boer weer in die hof

SENEKAL. – Andre Pienaar (51) wat op 6 Oktober in hegtenis geneem is op aanklag van aanhitsing tot geweld, openbare geweld en poging tot moord, het weer gister in die Senekal-landdroshof verskyn.

Sielkundige

Phaladi Shuping, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Pienaar se regsverteenwoordiger het versoek dat hy vir sielkundige waarneming gestuur word.

Die saak is tot 21 Maart uitgestel.

Moord op Brendin Horner

Pienaar is die eienaar van ‘n insleepdiens op die dorp en daar word beweer hy was betrokke by die geweld in Senekal toe die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner (21) in die hof verskyn het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *