November 23, 2020

KYK: EFF sê optog begin 12:00

Foto: Skermgreep

BRACKENFELL. – Daar was reeds vanoggend ’n woordewisseling tussen EFF-lede en lede van die gemeenskap toe die EFF mobiele toilette wou oprig.

’n Lid van die gemeenskap het aan die EFF gevra om die toilet wat aan die gemeenskap se kant staan, te skuif. “In die naam van vrede vra ek dat julle asseblief die toilet moet skuif. Ek wil nie baklei nie, ek vra julle mooi,” sê die vrou in die video.

EFF-lede in die voorstad

Die EFF se optog sal na verwagting 12:00 vanmiddag begin. Hulle sal dan ’n memorandum aan die skool oorhandig. Verlede Maandag was daar teen hierdie tyd reeds groepe inwoners en EFF-lede by die skool, maar vanoggend is daar net ’n paar EFF-lede in die voorstad opgemerk.

Die optog is die gevolg van ouers van die Hoërskool Brackenfell wat ’n privaat funksie vir matriek gereël het waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi was nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *