December 2, 2020

Voetganger kritiek beseer in botsing

KWAZULU-NATAL. – ’n Man, vermoedelik in sy veertigs, is vanoggend ernstig beseer toe hy deur ’n motor in Alan Patonweg in Scottsville, KwaZulu-Natal, getref is.

Volgens paramedic van ER24 het hulle die man omstreeks 07:00 op die sypaadjie aangetref. Die voertuig wat die man getref het, was in die pad geparkeer.

Medici het die man ondersoek en bevind hy het verskeie beserings opgedoen en was in ’n kritieke toestand.

Die man is behandel en is van lewensondersteunende ingrypings voorsien voordat hy na die Greys- provinsiale hospitaal vervoer is vir dringende sorg.

Die bestuurder van die voertuig het ligte beserings opgedoen.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *