December 2, 2020

Son sak vandag in Alaska, kom eers weer op in Januarie

In totaal wag 67 dae van donkerte vir die inwoners van Barrow, nou bekend as Utqiaġvik, in Alaska wanneer die son vandag laatmiddag sal sak en eers weer op 23 Januarie 2021 sal opkom.

Die gebeurtenis staan bekend as ’n Polar Night en dié dorp ervaar dit elke jaar. Inwoners sal die son vir twee maande nie sien nie.

Die dorp is omring deur woestyntoendra en daar is nie ’n pad na die dorp toe beskikbaar nie. Die gemiddelde hoë temperatuur bly van Desember tot Maart onder nul.

Utqiaġvik het ’n bevolking van ongeveer 4 000 en is die tuiste van die Iñupiat-mense, asook baie wetenskaplikes wat na die gebied gekom het vir werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *