November 30, 2020

Mense vas in taxi nadat boom daarop val

Foto: IOL

DURBAN. – Twee mense is ernstig beseer nadat ‘n boom vanoggend op ‘n verbygaande taxi in Westmead geval het.

Rowan Scandroglio, Rescue Care Paramedics-woordvoerder, sê die bestuurder van die taxi en ‘n passasier was vasgekeer. Paramedici het die twee vasgekeerdes in die taxi stabiliseer terwyl meganiese kake en die brandweer die twee mense uit die wrak moes sny. Hulle is daarna met ernstige beserings na die naaste hospitaal gebring.

Die polisie ondersoek tans die voorval.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *