November 30, 2020

Lewenslank vir man wat eks-meisie opkap

PIET RETIEF. – Thulasizwe Mtholephi Kunene (30) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy eks-meisie met ’n kapmes opgekap het.

Monica Nyuswa, woordvoerder, sê hierdie voorval het plaasgevind nadat Kunene en sy eks-meisie, Mavuso, uitmekaar is. Op 7 Julie 2019 het Kunene ‘n kapmes geneem en na die huis waar Mavuso met haar nuwe kêrel gebly het, gegaan. Hy het haar met die kapmes in die sitkamer aangeval. Hy het daarna haar liggaam in verskeie dele opgekap en haar onthoofde liggaam agtergelaat. Kunene het toe te voet van die toneel gevlug en is die volgende dag by sy werkplek in hegtenis geneem.

Dreigemente van haar nuwe kêrel

Volgens Nyuswa het Kunene in die hof verduidelik dat hy en Mavuso glo twee kinders saam gehad het. Hy het ook gesê hy was woedend toe sy die verhouding beëindig en hy het dreigemente van haar nuwe kêrel ontvang.

Ashwin Poodhun, senior staatsadvokaat, het gesê Kunene het nie berou oor sy optrede nie, anders sou hy om hulp gevra het nadat hy besef het dat hy ‘n fout begaan het en nie die moordwapen wegesteek het nie.

Kunene het skuld beken en is skuldig bevind aan huisbraak en moord.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *