Nog ‘n aardbewing in die Kaap gevoel

Foto: Twitter (SA Updates)

KAAPSTAD – ‘n Aardbewing wat 3,5 op die Richter-skaal gemeet het, het Kapenaars ongeveer 00:30 vanoggend wakker laat skrik.

Inwoners het op sosiale media gedeel dat hulle die aardbewing so ver as Ceres gevoel het.

Die aardbewing het volgens ‘n kaart van die Amerikaanse Geologiese Opname ongeveer 45 km in die see van Saldanha plaasgevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *