Man verdrink by oord

MIDDELBURG. – ’n Man in sy 20’s is gister dood verklaar na hy in ’n oord op Middelburg verdrink het.

Omstreeks 16:15 het paramedici van ER24 op die toneel opgedaag en ’n bewustelose man is langs die swembad aangetref. Verskeie mense, onder wie ’n dokter, was op die toneel.

Na wat van bystanders verneem word, is KPR onmiddellik begin nadat die man uit die water uit gehaal is.

Volgens ER24 het medici die man ondersoek en gevind dat hy geen tekens van lewe toon nie. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

Die besonderhede oor hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *