Dogter skryf briefie aan werklose ma

Soos vir meeste mense het die Covid-19-pandemie een ma baie hard getref. Sy het op die Facebook-groep #ImStaying ’n plasing gemaak waar sy ’n briefie van haar dogter gedeel het.

Sy het by die foto van die briefie geskryf dat sy haar werk weens die pandemie verloor het. “Gisteraand het my dogter hierdie briefie vir my gegee, met die pakkie in die foto langsaan. Ek kon nie ophou huil nie.”

In die briefie staan die volgende: “Dankie dat Mamma my Superma is. Jy is my lewe en my wêreld. Jy is saam met my deur hartseer en geluk. Jy het probeer om my gelukkig te hou al was jy in pyn. Dit is nou my beurt om jou te help, so ek het R48 gespaar om jou te help.”

Die inskrywing het oor die 4 000 kommentare uitgelok.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *