Jongste misdaadsyfers in Suid-Afrika

Foto: IOL

Bheki Cele, minister van polisie in Suid-Afrika, het Vrydagmiddag in ’n mediakonferensie die nuutste misdaadsyfers in die land bekendgemaak.

Daar was tussen 1 Julie en 30 September 339 moorde minder in die land in vergelyking met dieselfde tydperk in 2019.

Die getal vermoordes in hierdie tydperk het ook afgeneem, maar Cele sê dit bly onaanvaarbaar hoog.

Die aantal seksuele misdade soos verkragting en seksuele aanranding het ook in die tydperk met 26,8% afgeneem. Daar is 8 922 verkragtingsake by die polisie aangemeld.

Alkohol het volgens Cele ’n groot rol gespeel in 829 sake van geslagsgeweld, 747 verkragtingsake en 179 pogings tot moord.

Daar was gedurende dié tydperk ook meer transitorooftogte as wat daar in die vorige kwartaal was.

Cele het dan sy kommer uitgespreek oor veediefstal. Daar was in hierdie tyd 7 339 sake van veediefstal aangemeld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *