Is The Bachelor se Marc en Marisia weer saam?

Foto: Instagram (Marisia Karene van Wyk & Marc Buckner)

Die blondekop, Marisia van Wyk, was die laaste meisie wat oorgebly het in die werklikheidsreeks The Bachelor SA. Almal het gedink hulle sprokiesverhaal het begin toe Marc Buckner aan die einde van die tweede seisoen ’n ring aan Marisia se vinger sit. Aanhangers was geskok toe hulle op sosiale media sien die paartjie se paaie het geskei. Is die paartjie nadat hulle maande enkellopend was weer bymekaar?

Moet haar privaatheid respekteer

Mense het aan Huisgenoot rapporteer dat hulle die twee gereeld saam op die Seepunt-promenade sien. Marc het toe bevestig hy en die blondine is weer saam, maar hy wil nie veel oor die verhouding uitbrei nie. Marisia voel mense moet haar privaatheid respekteer en het later aan Huisgenoot gesê hulle is net vriende.

Foto’s van hulself

Die paartjie was tydens inperking saam in die Kaap en hulle het gereeld foto’s van hulself op sosiale media gesit. Hulle Instagram-profiele het ook tydens hulle verhouding vele foto’s van ’n vakansie in Thailand bevat. Deesdae is hulle Instagram-profiele stil en bevat nie foto’s waar hulle bymekaar is nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *