OPVOLG: Boervrou skiet glo een verdagte dood

Foto: Facebook

VRYSTAAT. – Mark Regal is gisteraand op sy pa, Joe Regal, se plaas, Thelma, doodgeskiet.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Regal se vrou, Angela, het buite gesit toe sy die aanvallers sien. Mbambo sê Regal het na bewering op die aanvallers begin skiet. Een van die aanvallers is doodgeskiet en is op die toneel dood verklaar. Die tweede aanvaller het te voet gevlug.

Op die toneel dood

Mark het glo na buite gegaan toe hy die skote hoor en is na bewering deur een van die verdagtes geskiet. Hy is op die toneel dood. Boere van die omgewing het gisteraand stemboodskappe gedeel en ’n beroep op boere gedoen om hulle te kom help met ’n grootskaalse soektog na die verdagte.

Foto’s met beskrywings het minute na sy dood op sosiale media versprei. Mense was geskok en hulle het hule ontevredenheid oor plaasmoorde uitgespreek. Dit is reeds die derde plaasaanval in die Goudveld in ’n week.

Mark word oorleef deur sy vrou en twee dogters.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *