Kêrel in hegtenis omdat hy glo meisie vermoor

OOS-KAAP. – ’n Man (34) is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie (20) vermoor het. Die vrou was na bewering op 10 November 2020 op pad huis toe, toe sy haar kêrel en sy vriend raakloop.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het die slagoffer in haar bolyf gesteek. “Beide die verdagte en sy vriend het die slagoffer na die hospitaal gehaas waar sy met die aankoms dood verklaar is.”

Die motief agter die moord is glo jaloesie.

Lees nog artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *