August 4, 2021

Twee vroue glo gered na ontvoering

ELSBURG. – Twee vroue is gered nadat hulle glo ontvoer was. Volgens Roadsafety is die twee vroue glo veilig in die huis gevind nadat beamptes inligting rakende ’n gesteelde motor opgevolg het.

Beamptes het ook verkragtingsdwelms, dwelmmiddels, rekenaartoerusting wat vermoedelik aan die regering en ’n  vuurwapen saam met ammunisie gevind.

Een man is in hegtenis geneem.

Ondersoeke is aan die gang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *