April 23, 2021

Geen bom by skool gevind na dreigement

Geen bom is vandag deur die polisie se bomeenheid op die perseel van die Protea Akademie gevind nie.

Die skool het vanmiddag ‘n bomdreigement ontvang. Daar was eers gesê die dreigement is per telefoonoproep ontvang, maar sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die dreigement is per e-pos gestuur.

Skooltasse was ook deursoek

Die skool is dadelik ontruim en die leerlinge na ‘n sportveld geneem. Die kinders se skooltasse was ook deursoek, maar geen bom is gevind nie.

Die bomeenheid was tot laatmiddag op die toneel nadat gerugte op sosiale media versprei het oor ‘n bom wat in een van die matriekklaskamers gevind is.

Die polisie ondersoek die voorval.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: