September 24, 2021

Plaasvoorman se vrou sweer saam om hom te vermoor, sê vriendin

Foto: Facebook

GROBLERSDAL. – Patricia Ray Lee Smith (23) het op aanklag van moord en sameswering om ’n moord te pleeg, in die hof verskyn. Dit volg na die moord op Raymond Papapavlou op ‘n plaas tussen Groblersdal en Stoffberg.

In die uitvoering van die onwettige oortreding

Volgens die klagstaat het Smith glo op 4 Oktober onwettig en doelbewus ingestem om Simone Papapavlou, Raymond se vrou, óf om hulp te verleen óf te bekom, in die uitvoering van die onwettige oortreding om Raymond doelbewus te vermoor. Simone is nog nie in hegtenis geneem of aangekla nie.

Smith se regsverteenwoordiger wou gister om borgtog aansoek doen, maar die hof wou dit nie aanhoor nie. Die staatsaanklaer het gesê die hof is nog nie gereed om met die borgaansoek voort te gaan nie. Die staat wil ook die hof vandag vra om die saak vir sewe dae uit te stel.

In sy slaapkamer geskiet

Kol. Moanshe Ngoepa, polisiewoordvoerder, sê daar kan nog meer mense in hegtenis geneem word vir die moord op Papapavlou, want die ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Smith is by haar werksplek in hegtenis geneem en word aangekla van die moord op Papapavlou. Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Papapavlou is teen ongeveer middernag verskeie kere in sy slaapkamer geskiet. Sy vrou het na bewering op die bank in die woonkamer aan die slaap geraak en wakker geskrik toe sy die skote hoor.

Is goeie vriendinne

Die woonkamer en die slaapkamer is langs mekaar. Simone het na bewering aan die polisie gesê sy het ’n vuurwapen by haar gehad en het deur die muur op die aanvaller(s) geskiet. Niks word uit die huis vermis nie en Simone het ook nie seergekry nie.

Simone en Smith is goeie vriendinne en Smit het ook vroeër saam met die paartjie gewerk.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *